PROFIEL VAN DIE LERAAR, DR LLEWELLYN LM MACMASTER

 

 

  1. Ek is gebore op die plaas Hillmoor, naby Steynsburg in die Oos-Kaap. Ons het op ’n paar plekke in die Oos-Kaap gewoon – Middelburg, Hillmoor, Cradock – voordat ons in Oos-Londen-gevestig het. Ek is die 7de van twaalf kinders waarvan 9 nog lewe.

 

  1. My skooloopbaan het ek op Hillmoor begin, waar my pa die hoof van die sogenaamde “twee-man” skool was. My laaste twee jaar van skoolopleiding was by John Bisseker Hoërskool in Oos-Londen. Ek wou nie aanvanklik predikant word nie, en het in die historiese jaar 1976 by UWK ingeskryf vir ’n BSc graad met die oog op die onderwys.

        Ná ’n persoonlijke bekeringservaring in 1977, het ek egter my studies aan die einde van 1978 opgeskop, vir ’n paar jaar gaan werk as wiskunde en wetenskap-onderwyser by Belhar Hoërskool, en daarna in 1981 terugkeer na UWK vir my ses jaar opleiding as predikant aan die Teologiese Skool (1981-86). Ek verwerf die grade BTh en BTh Hons aan UWK. Later voltooi ek ’n MTh in Kliniese Pastoraat en promoveer met ’n DTh in Praktiese Teologie in 2010. Die onderwerp van my verhandeling was “In Search of a Family: The Challenge of gangsterism to Faith Communities on the Cape Flats.”

 

  1. Ek word op 1 Augustus 1987 georden en as predikant bevestig in die gemeente Lavis in Bishop Lavis op die Kaapse Vlakte waar ek tot November 1996 dien. Daarna word ek die Studenteleraar vir UWK en die destydse Skiereilandse Technikon en is ek gekoppel aan die Bellville gemeente. Hierdie pos was ook gekoppel die posisie as scriba van die Kuratorium. Intussen word ek ook verkies tot Scriba Synodi van die Streeksinode Kaapland en ek dien ook ’n termyn as voorsitter van die Sinodale Kommissie vir Christelike Opvoeding (SCO).

 

  1. In Junie 2001 word ek aangestel as dosent in Teologie aan die Hugenote Kollege op Wellington. Ek word later aangestel as Vise-rektor en Direkteur: Studentesake, asook waarnemende Rektor.

Daarna begin ’n tydperk aan die Universiteit Stellenbosch. In Februarie 2006 word ek Lektor in Praktiese Teologie (Pastoraat) in die Fakulteit Teologie, voordat ek in Januarie 2008 as Studentedekaan aangestel word. Ek dien vervolgens in twee ander posisies aan US: eerste as Projekkoördineerder in die Sentrum vir Inklusiwiteit en daarna as Bestuurder: Burgerlike Samelewingverhoudinge binne die Afdeling Sosiale Impak.

 

  1. Nadat ek in Mei 2009 bevestig is as mede-leraar van die SA Gestiggemeente, word ek in Januarie 2017 bevestig as voltydse en enigste leraar nadat ds Paulus de Wet ‘n beroep na die gemeente Springbok aangeneem het.

 

  1. Ek is getroud met Jenni (néé Rabie) en ons het twee getroude kinders

 

Kliek hier vir die volledige Curriculum Vitae van die leraar